Jeremiah 18:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sê: Daar is geen hoop nie, maar ons sal volgens ons eie planne wandel, en elkeen sal die versinsels van sy bose hart doen.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die mense het geantwoord: ‘Moenie jou asem mors nie. Ons sal aanhou lewe soos ons wil en ons eie oordeel volg, al is dit verkeerd.’”
Afrikaans 1933/1953 Maar hulle sê: Dit is tevergeefs; want ons sal na ons gedagtes wandel, en ons sal elkeen volgens die verhardheid van sy bose hart handel.
Afrikaans 1983 Maar hulle sal sê: “Dit help nie. Ons wil lewe soos ons wil, elkeen wil sy eie koppige, slegte lewe lei.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar hulle sal sê, ‘Tevergeefs! Want ons eie planne wil ons volg, en elkeen van ons wil volgens die verstoktheid van sy eie bose hart optree.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jeremia, Ek weet die mense sal sê dit maak nie saak nie, hulle wil doen wat hulle wil. Hulle is hardkoppig, elkeen wil doen wat sy slegte hart vir hom sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar hulle het geantwoord: “Moenie jou asem mors nie. Ons sal aanhou lewe soos ons wil. Ons sal ons eie kop volg en doen wat ons wil, al is dit kastig sleg.”