Jeremiah 18:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gaan dan nou na, spreek met die manne van Juda en met die inwoners van Jerusalem en sê: So spreek die HERE; Kyk, Ek beraam onheil teen julle en beraam 'n plan teen julle; bekeer tog elkeen van sy verkeerde weg en maak julle weë en julle handelinge goed. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Jeremia, gaan sê vir die mense van Juda en die inwoners van Jerusalem dat die Here sê: ‘Ek is besig om planne te maak om julle te straf. Moenie langer aanhou op die verkeerde koers wat julle ingeslaan het nie. Julle almal moet ophou om verkeerd te doen en begin doen wat reg is.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Sê dan nou tog aan die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem dit: So spreek die HERE: Kyk, Ek maak onheil gereed teen julle, en Ek dink 'n plan uit teen julle; bekeer julle tog, elkeen van sy verkeerde weg, en maak julle weë en julle handelinge goed. |
| Afrikaans 1983 | Maar sê nou vir die mense van Juda en die inwoners van Jerusalem: So sê die Here: Ek berei vir julle 'n ramp voor, Ek is besig om 'n besluit oor julle te neem. Elkeen moet hom van sy verkeerde lewe bekeer. Maak julle lewe en julle dade reg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sê dan nou tog vir die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem, ‘So sê die Here: “Kyk, Ek maak onheil gereed vir julle, en beraam planne teen julle. Draai tog terug, elkeen van sy verkeerde pad, en laat julle doen en late goed wees.” ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moet jy vir die mense van Juda en vir die mense wat in Jerusalem woon, sê die Here sê: Ek wil dit sleg laat gaan met julle, Ek het dit klaar besluit. Julle moet ophou om slegte dinge te doen, julle moet reg lewe en julle moet goeie dinge doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jeremia, gaan sê vir die mense van Juda en Jerusalem, die Here sê: Ek is besig om planne te maak om julle te straf. Moenie langer aanhou in die verkeerde koers waarop julle nou is nie. Hou op om verkeerd te doen en doen wat reg is. Dit geld vir een en almal van julle.” |