Jeremiah 17:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is en sy wortels by die rivier uitsprei, en hy sal nie sien as daar hitte kom nie, maar sy blaar sal groen wees; en sal nie ophou in die jaar van droogte nie, en nie ophou om vrugte te dra nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle is soos bome wat langs ’n rivier staan. Hulle wortels reik diep tot by die water. Hitte bedreig hulle nie, en hulle blare bly groen. Lang maande van droogte pla hulle ook nie. Hulle hou nie op om vrugte te dra nie.
Afrikaans 1933/1953 Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.
Afrikaans 1983 so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sal wees soos 'n boom wat geplant is langs water, wat sy wortels uitstoot na die voor. Hy merk nie eers op dat die hitte kom nie; sy blare bly groen. In 'n jaar van droogte raak hy nie angstig nie, en hy hou nie op om vrugte te dra nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) So iemand sal wees soos 'n boom wat naby die water staan. Sy wortels kom tot by die waterstroom, en hy voel nie wanneer dit warm word nie. Sy blare is altyd groen, en wanneer dit nie reën nie, dan is hy nie bekommerd nie, hy hou aan om vrugte te dra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle is soos bome wat langs ’n rivier staan. Hulle wortels gaan ver af tot by die water. Sulke bome kry nie swaar as dit baie warm word nie. Hulle blare bly groen. Lang maande waarin dit baie droog is, is ook nie regtig ’n probleem nie. Hulle hou steeds aan vrugte dra.