Jeremiah 17:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Geseënd is die man wat op die HERE vertrou en wie se hoop die HERE is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar gelukkig is dié mense wat op die Here vertrou en hulle verwagting in Hom stel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is. |
| Afrikaans 1983 | Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Geseënd is die man wat op die Here vertrou, wie se vertroue die Here is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal die man seën wat glo dat die Here hom sal help en hom sal beskerm. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar dit sal goed gaan met mense wat My vir alles vertrou. Dit gee hulle moed vir die toekoms. |