Jeremiah 17:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want hy sal wees soos 'n heide in die woestyn, en sal nie sien as die goeie kom nie; maar sal die dor plekke in die woestyn bewoon, in 'n soutland en onbewoon.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle is soos bossies in die woestyn met geen vooruitsig vir die toekoms nie. Hulle sal woon in ’n verskroeide woestyn, op soutvlaktes waar niemand kan oorleef nie.
Afrikaans 1933/1953 En hy sal wees soos 'n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, 'n brakkerige en onbewoonde land.
Afrikaans 1983 hy is soos 'n kaal bossie in droë wêreld wat nooit water kry nie; 'n bossie wat in 'n klipwoestyn staan, in 'n brak wêreld waar niemand woon nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sal wees soos 'n jenewerstruik in die Araba; hy sal dit nie opmerk wanneer die goeie kom nie. Hy sal tuis wees op dor plekke in die woestyn, op brak grond waar niemand woon nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) So iemand sal word soos 'n bossie in 'n plek waar dit nie reën nie, 'n bossie wat altyd in die warm son staan en in 'n klip-woestyn groei, in sout-grond waar niks lewe nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So iemand is soos ’n bossie in die droë veld. Die bossie staan in ’n droë deel van die woestyn, in dooierige grond. Dit is ’n gebied waar niemand regtig kan bly nie. Die toekoms lyk glad nie goed vir so ’n mens nie.