Jeremiah 17:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak en wie se hart van die HERE afwyk.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sê: “Daar rus ’n vloek op dié wat hulle vertroue stel in gewone mense, en nie op die Here vertrou nie.
Afrikaans 1933/1953 So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk.
Afrikaans 1983 So sê die Here: Daar rus 'n vloek op die mens wat sy vertroue in mense stel, wat sy krag soek by sterflike mense en van My af wegdraai;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So sê die Here: “Vervloek is die man wat op mense vertrou, wat in mense sy krag vind, maar sy hart draai van die Here weg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Ek vervloek die man wat weggaan van My, die man wat dink dat 'n mens wat kan sterf, hom kan help en hom sterk kan maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: “Dit sal sleg gaan met iemand wat nie op My vertrou nie, maar op ander mense. Mense is ook maar net vleis en bloed. Die een of ander tyd gaan hulle dood.