Jeremiah 17:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy, ook jy, sal van jou erfdeel wat Ek jou gegee het, ophou; en Ek sal jou jou vyande laat dien in die land wat jy nie ken nie; want julle het in my toorn 'n vuur aangesteek wat vir ewig sal brand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het die land vir julle as ’n kosbare besitting gegee. Dit sal uit julle hande glip. Ek sal julle na ’n land stuur wat julle nie ken nie, as slawe vir julle vyande. Julle het ’n vuur in my woede aangesteek en dit sal nie geblus word nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy sal uitval -- en dit deur jouself -- uit jou erfenis wat Ek jou gegee het, en Ek sal jou jou vyande laat dien in 'n land wat jy nie ken nie; want julle het 'n vuur aangesteek in my toorn, tot in ewigheid sal dit brand. |
| Afrikaans 1983 | Jy sal deur jou eie toedoen die grond moet laat lê wat Ek jou gegee het. Ek sal jou vir jou vyande laat werk in 'n land waarvan jy nie weet nie. In my toorn sal daar 'n vuur teen julle losbreek, en dit sal aanhou brand. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy sal deur jou eie toedoen moet afstand doen van jou erfenis wat Ek vir jou gegee het. Ek sal jou die slaaf van jou vyande maak in 'n land wat jy nie ken nie; want 'n vuur is aangesteek in my toorn – vir altyd sal dit brand.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle sal moet weggaan uit die land wat Ek vir julle gegee het, en Ek sal julle vir julle vyande laat werk in 'n land wat julle nie geken het nie, want Ek is kwaad vir julle. Dit is soos 'n vuur wat altyd sal aanhou brand.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het die land vir julle as ’n kosbare besitting gegee. Dit sal uit julle hande glip en julle sal dit verloor. Ek sal julle wegstuur uit julle land na ander vreemde lande waar julle vir julle vyande soos slawe sal werk. Julle het My baie kwaad gemaak. My woede brand soos ’n vuur wat net aanhou brand en nooit ophou nie.” |