Jeremiah 17:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O my berg in die veld, ek sal jou goed en al jou skatte aan die buit gee, en jou hoogtes vir sonde, in al jou grondgebiede.
Afrikaans (NLV) 2011 op die berge en in die veld. Daarom sal Ek al julle rykdom en julle kosbare besittings vir die vyand gee as buit, ook die hoë plekke waar julle afgode aanbid het. Dit is die prys vir die sonde wat julle oral deur julle land gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 My berg in die veld, jou rykdom, al jou skatte sal Ek as buit gee saam met jou hoogtes, weens die sonde in jou hele grondgebied.
Afrikaans 1983 My berg in die veld, Ek laat ander jou rykdom, jou skatte vat omdat jy dwarsoor jou land hoogtes gebou en gesondig het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My berg in die oop veld, jou rykdom, al jou skatte, sal Ek as buit gee – jou offerhoogtes in ruil vir die sonde in jou hele grondgebied.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal alles wat julle besit, vir julle vyande gee om te vat, al julle mooi goed, want julle het offer-plekke oral in julle land gebou en julle het sonde gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en op die berge en in die vlaktes. Julle het die hele land deur sulke hoë plekke gebou om afgode te aanbid. Daarom sal Ek al julle rykdom en julle kosbare besittings vir die vyand gee om te steel. Dit is die prys wat julle moet betaal vir die sonde wat julle oral deur julle land gedoen het.