Jeremiah 17:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as julle nie na My luister om die sabbatdag te heilig en geen las te dra nie, selfs op die sabbatdag by die poorte van Jerusalem in te gaan; dan sal Ek 'n vuur aansteek in sy poorte, en dit sal die paleise van Jerusalem verteer en nie geblus word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “‘Julle moet na My luister en die Sabbatdag heilig hou. As julle dit nie doen nie en aanhou om op die Sabbatdag julle handelsware rond te dra deur die poorte van Jerusalem soos op ander dae, sal Ek daardie poorte aan die brand steek. Die vuur sal van die poorte af na die paleise versprei. Niemand sal in staat wees om die vuur te blus nie.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as julle na My nie luister om die sabbatdag te heilig nie en om geen las te dra of deur die poorte van Jerusalem op die sabbatdag in te gaan nie, sal Ek 'n vuur in sy poorte aansteek, wat die paleise van Jerusalem sal verteer en nie uitgeblus sal word nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar as julle aan My ongehoorsaam is en nie die sabbatdag heilig hou nie en op dié dag goed deur die poorte van Jerusalem dra, sal Ek die poorte aan die brand steek, en die vuur sal die mooi huise in Jerusalem verteer sonder dat iemand dit kan blus. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar as julle nie na My luister om die Sabbatdag heilig te hou nie, deur vrag te dra en by die poorte van Jerusalem in te gaan op die Sabbatdag, sal Ek 'n vuur aansteek in haar poorte wat die vestings van Jerusalem sal verteer en wat nie geblus sal word nie.’ ” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as hulle nie gehoorsaam is aan My nie en as hulle op die Sabbatdag iets dra deur die poorte van Jerusalem, dan sal Ek die stad aan die brand steek. Die mooi huise van Jerusalem sal verbrand, en die vuur sal aanhou brand.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar as julle weier om die sewende dag as ’n rusdag ter wille van My te hou en aanhou om op dié dag julle handelsware rond te dra, sal Ek die hekke van Jerusalem aan die brand steek. Die vuur sal van die hekke af na die paleise versprei. Daar sal niemand wees wat dit sal regkry om die vuur te blus nie.” |