Jeremiah 17:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle sal kom uit die stede van Juda en uit die plekke rondom Jerusalem en uit die land Benjamin en uit die vlakte en van die berge en uit die suide, en bring brandoffers en slagoffers en spysoffers, en reukwerk en lofoffers in die huis van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En mense sal uit die dorpe van Juda en die omgewing van Jerusalem, uit die gebied van Benjamin, van die heuwels in die weste van die land, van die berge en die woestyngebied in die suide na Jerusalem toe kom. Hulle sal brandoffers, graanoffers, wierook en dankoffers na die tempel van die Here bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sal kom uit die stede van Juda en uit die omstreke van Jerusalem en uit die land Benjamin en uit die Laeveld en uit die Gebergte en uit die Suidland, hulle wat brandoffer en slagoffer en spysoffer en wierook aanbring, en lofoffer aanbring in die huis van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Die mense sal uit die stede van Juda kom, uit die omstreke van Jerusalem, uit die gebied van Benjamin, uit die Laeveld, uit die Bergland, uit die Suidland, en hulle sal offers na die huis van die Here toe bring, brandoffers, graanoffers, wierook- en dankoffers. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal uit die dorpe van Juda kom, uit die gebiede rondom Jerusalem, uit die landstreek Benjamin, uit die Sjefela, die bergland en die Negev, terwyl hulle •brandoffers, •maaltydoffers, •graanoffers en wierook bring, terwyl hulle dank betuig in die huis van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal kom uit die stede van Juda, uit die plekke naby Jerusalem, uit die land Benjamin, uit die Laeveld, uit die Bergland en uit die Suid-land. Hulle sal offers na die tempel bring: brand-offers en koring-offers en wierook-offers, en hulle sal sing en vir die Here dankie sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Baie mense sal uit die stede van Juda na Jerusalem toe kom. Ook van die mense in die omgewing van Jerusalem. Dit sluit nou mense in van die gebied van Benjamin, van die heuwels in die weste van die land, van die berge en die woestyngebied in die suide. Hulle sal met allerhande offers en wierook wat hulle aan die Here wil toewy, na die huis van die Here toe kom. Op so ’n manier wil hulle vir Hom dankie sê. |