Jeremiah 17:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sal daar in die poorte van hierdie stad konings en vorste ingaan wat op die troon van Dawid sit, wat op strydwaens en op perde ry, hulle en hulle vorste, die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem; en hierdie stad sal oorbly vir ooit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | sal daar ’n toekoms vir hierdie volk wees. Daar sal altyd ’n koning uit die familielyn van Dawid in Jerusalem regeer. Die konings en amptenare sal by die poorte van Jerusalem ingaan. Hulle sal op strydwaens en perde ry en tussen die mense van Juda wees. “‘Daar sal ook altyd mense in Jerusalem woon. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan sal deur die poorte van hierdie stad konings en vorste ingaan wat op die troon van Dawid sit, wat op strydwaens en op perde ry, hulle en hulle vorste, die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem; en hierdie stad sal vir ewig bewoon word. |
| Afrikaans 1983 | sal daar altyd konings wees wat op die troon van Dawid sit en deur die poorte van die stad gaan met hulle amptenare. Die konings en hulle amptenare sal saam met die mense van Juda en die inwoners van Jerusalem op strydwaens en perde ry, en dié stad sal altyd bewoon word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sal konings en bevelvoerders wat troonopvolgers van Dawid is, deur die poorte van hierdie stad ingaan – hulle wat op strydwaens en op perde ry, hulle en hulle bevelvoerders, die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem – en hierdie stad sal altyd bewoon word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As julle gehoorsaam is, dan sal daar deur hierdie poorte konings en prinse kom wat sal regeer op die troon van Dawid. Hulle sal op oorlogkarre en perde ry, hulle en hulle amptenare en die mense van Juda en die mense wat in Jerusalem woon. Daar sal altyd mense in hierdie stad woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As julle dit doen, sal daar ’n goeie toekoms vir julle wees. Daar sal altyd ’n koning in Jerusalem regeer wat deel is van die familielyn van Dawid. Die konings en prinse sal by die hekke van Jerusalem ingaan. Hulle sal op koetse en perde ry en tussen die mense van Juda wees. Daar sal ook altyd mense wees wat in Jerusalem sal bly, ook in die toekoms. |