Jeremiah 17:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as julle ywerig na My luister, spreek die HERE, om op die sabbatdag geen las deur die poorte van hierdie stad in te bring nie, maar die sabbatdag te heilig, om geen werk daarin te doen nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar die Here sê: ‘As julle My gehoorsaam en nie aanhou met julle handeldrywery op die Sabbatdag nie en ook nie op dié dag werk nie, maar dit ter wille van My heilig hou, |
| Afrikaans 1933/1953 | As julle dan aandagtig na My luister, spreek die HERE, om geen las deur die poorte van hierdie stad op die sabbatdag in te bring nie en om die sabbatdag te heilig deur daarop g,,n werk te doen nie, |
| Afrikaans 1983 | Maar as júlle aan My gehoorsaam is, sê die Here, en niks deur die poorte van hierdie stad dra op die sabbatdag nie, die dag heilig hou en geen werk doen op dié dag nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As julle goed na My luister,’ is die uitspraak van die Here, ‘deur nie 'n vrag deur die poorte van hierdie stad te dra op die Sabbatdag nie, en deur die Sabbatdag heilig te hou en nie enige werk op dié dag te doen nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet nou goed luister. Julle moenie op die Sabbatdag iets dra deur die poorte van hierdie stad nie en julle moenie op die Sabbatdag werk nie. Dit moet 'n gewyde dag vir julle wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die Here sê: “Julle weet wat Ek wil hê. Julle moet My gehoorsaam en nie aanhou met julle handeldrywery op die rusdag nie. Julle moet ook nie op dié dag werk nie, maar dit spesiaal eenkant hou ter wille van My. |