Jeremiah 17:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hulle het nie geluister nie en nie hul oor geneig nie, maar hul nek verhard om nie te hoor of tug te ontvang nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar hulle was ongehoorsaam en wou nie luister nie. Hulle was hardkoppig en wou nie die voorskrifte navolg nie.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar hul nek verhard om nie te luister nie en geen tugtiging aan te neem nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle was ongehoorsaam en het nie geluister nie, hulle was hardkoppig, hulle wou nie luister en hulle laat leer nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het nie geluister nie, nie hulle ore oopgemaak nie. Hulle was hardnekkig deur nie te luister en nie vermaning te aanvaar nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle voorvaders was ongehoorsaam, hulle het nie geluister nie, hulle was hardkoppig en hulle het nie gedoen wat Ek vir hulle gesê het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar hulle voorouers wou nie luister nie. Hulle was hardkoppig en wou niks doen wat Ek vir hulle voorgeskryf het nie.” |