Jeremiah 17:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dra op die sabbatdag geen las uit julle huise uit nie, en doen geen werk nie, maar heilig die sabbatdag, soos Ek julle vaders beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie op die Sabbatdag werk nie. Maak van die Sabbat ’n heilige dag soos Ek julle voorouers beveel het om te doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook mag julle geen las uit julle huise op die sabbatdag uitdra of enige werk doen nie; maar julle moet die sabbatdag heilig soos Ek julle vaders beveel het. |
| Afrikaans 1983 | moet niks uit julle huise bring op die sabbatdag nie, moet geen werk doen nie. Hou die sabbatdag heilig soos Ek julle voorvaders beveel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moenie 'n vrag uit julle huise dra op die Sabbatdag nie, en moenie enige werk doen nie. Hou die Sabbatdag heilig, soos Ek julle voorouers beveel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie op die Sabbatdag iets uit julle huise bring of enige werk doen nie. Die Sabbatdag moet vir julle 'n gewyde dag wees, soos Ek vir julle voorvaders gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie op hierdie rusdag goed uit julle huise dra nie. Julle moet ook nie enige werk doen nie. Maak dit ’n dag wat julle ter wille van My uitsonder soos Ek julle voorouers beveel het om te doen.’ |