Jeremiah 17:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE: Pas op vir julleself en dra geen las op die sabbatdag en bring dit nie in deur die poorte van Jerusalem nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sê: Luister sodat julle kan bly lewe! Hou op om op die Sabbatdag handel te dryf in Jerusalem se poorte. |
| Afrikaans 1933/1953 | So spreek die HERE: Neem julle in ag om julle siele ontwil, dat julle geen las dra op die sabbatdag en dit inbring deur die poorte van Jerusalem nie. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here: Pas op! Julle lewens is op die spel! Moet niks op die sabbatdag dra en deur die poorte van Jerusalem bring nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “So sê die Here, ‘Wees uit vrees vir julle lewens versigtig! Moenie vrag dra op die Sabbatdag en dit deur die poorte van Jerusalem inbring nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: Julle moet oppas. As julle wil aanhou lewe, dan moet julle nie op die Sabbatdag iets dra en dit deur die poorte van Jerusalem bring nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sê: Luister, wat Ek te sê het, is lewensbelangrik! Ek het opdrag gegee dat julle die sewende dag van die week as ’n rusdag moet hou. Daarom moet julle ophou om op hierdie dag die goed waarmee julle handel dryf, by die hekke rond te dra. |