Jeremiah 17:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Terwyl hulle kinders dink aan hulle altare en hulle bosse by die groen bome op die hoë heuwels. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Selfs hulle kinders gaan aanbid by hulle altare en die Asjerapale onder elke groen koelteboom en op elke hoë heuwel, |
| Afrikaans 1933/1953 | telkens as hulle kinders aan hulle altare dink en aan hulle heilige boomstamme by die groen bome, op die hoë heuwels. |
| Afrikaans 1983 | Selfs hulle nageslag onthou nog die altare van hulle voorvaders en die gewyde pale by die groen bome en op die hoë heuwels. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Net soos hulle aan hulle kinders dink, dink hulle aan hulle altare en asjeras by skaduryke bome op die hoë heuwels. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit moet hulle laat dink aan hulle seuns, aan hulle altare en aan hulle gewyde pale by die groen bome en op die hoë heuwels, op die berge van die land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Selfs die kinders onthou die altare van hulle voorouers. Ook die pale wat hulle by die groen koeltebome geplant het, op byna elke hoë heuwel |