Jeremiah 17:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So het die HERE vir my gesê: Gaan staan in die poort van die kinders van die volk waardeur die konings van Juda ingaan en waardeur hulle uitgaan, en in al die poorte van Jerusalem; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het vir my gesê: “Gaan staan by die poorte van Jerusalem, eers die poort wat die konings van Juda gebruik waardeur hulle in- en uitgaan, en dan by al die ander poorte. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het die HERE vir my gesê: Gaan staan in die poort van die kinders van die volk, waardeur die konings van Juda ingaan en waardeur hulle uitgaan, ja, al die poorte van Jerusalem; |
| Afrikaans 1983 | Die Here het vir my gesê: Gaan staan in die Volkspoort waardeur die konings van Juda in- en uitgaan, en ook in al die ander poorte van Jerusalem |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So het die Here vir my gesê: “Gaan staan by die Volkspoort, waar die konings van Juda ingaan en uitgaan, en ook by al die poorte van Jerusalem, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir my, Jeremia, gesê: “Jy moet in die Volkspoort gaan staan waar die konings van Juda ingaan en uitgaan. Jy moet ook in al die ander poorte van Jerusalem gaan staan, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het vir my gesê: “Gaan staan by al die hekke waar mense in- en uitgaan by Jerusalem. Ja, ook by die hek wat ‘die mense se hek’ genoem word. Dit is die hek wat die konings van Juda gebruik as hulle by Jerusalem wil in- en uitgaan. |