Jeremiah 17:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat hulle wat my vervolg, beskaamd staan, maar laat my nie beskaamd staan nie; laat hulle verskrik staan, maar laat my nie verskrik word nie; bring oor hulle die dag van onheil, en vernietig hulle met dubbele vernietiging.
Afrikaans (NLV) 2011 Laat dié wat my vervolg in die skande kom. Laat húlle vreesbevange word, maar nie ek nie! Laat verwoesting dubbel en dwars oor hulle kom!”
Afrikaans 1933/1953 Laat my vervolgers beskaamd staan, maar laat my nie beskaamd staan nie; laat hulle verskrik wees, maar laat my nie verskrik wees nie. Bring oor hulle die dag van onheil, en verbreek hulle met 'n dubbele verbreking.
Afrikaans 1983 Laat dié wat my vervolg, bedroë daarvan afkom, nie ek nie! Laat hulle vreesbevange word, nie ek nie! Bring die dag van rampe oor hulle, straf hulle met 'n dubbele straf!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat hulle wat my vervolg, beskaamd staan; maar moenie dat ek die een is wat beskaamd staan nie! Laat hulle dié wees wat vreesbevange is; maar moenie dat ek die een is wat vreesbevange is nie! Bring oor hulle die dag van onheil, en verpletter hulle met 'n dubbele slag!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moet dit sleg laat gaan met my vyande, U moenie dit met mý sleg laat gaan nie. U moet húlle bang laat word, U moenie my bang laat word nie. U moet nou begin om hulle te straf, U moet hulle baie swaar laat kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Here, laat mense wat my vervolg die slegste daarvan afkom. Laat dit asseblief met my goed gaan. Laat hulle die mense wees wat bang is, nie ek nie. Laat slegte goed hulle tref, sommer ’n dubbele dosis daarvan!”