Jeremiah 17:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat my betref, ek het my nie gehaas om 'n herder te wees om U te volg nie; jy weet: wat oor my lippe uitgegaan het, was reg voor jou.
Afrikaans (NLV) 2011 “Here, ek het nie my taak opgegee om ’n herder vir u volk te wees nie. Ek het ook nie by U aangedring om rampe oor hulle te bring nie. Dit is u boodskap wat ek aan hulle gegee het, nie my eie nie.
Afrikaans 1933/1953 Wat my aangaan, ek het my nie onttrek om U as herder te volg nie, en die ongelukkige dag het ek nie begeer nie. U weet dit. Wat uit my lippe uitgegaan het, was voor u aangesig.
Afrikaans 1983 Maar omdat ek nie wou ophou om 'n herder te wees wat in u diens staan nie, het ek nie die onheilsdag nadergewens nie. U weet wat ek gesê het, dit is aan U bekend.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek, daarenteen, het nie by U daarop aangedring om nie 'n herder vir U te wees nie; die noodlottige dag begeer ek nie. U weet self wat oor my lippe gekom het; dit was in u teenwoordigheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, ek het aangehou om 'n herder te wees vir u volk en ek het nie gewens dat die dag gou moet kom nie, die dag wanneer U hulle sal straf. U weet wat ek gesê het, U het dit gehoor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Here, ek het nie by U aangehou om hulle te straf nie. Ek het ook nie gewens dat hulle slegte goed moet oorkom nie. Dit is nie ’n boodskap wat ek self uitgedink het nie, dit is u boodskap wat ek vir hulle gegee het.