Jeremiah 17:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maak my gesond, HERE, en ek sal gesond word; red my, en ek sal gered word, want U is my lof.
Afrikaans (NLV) 2011 Here, U alleen kan my gesond maak. U alleen kan my red. U alleen prys ek!
Afrikaans 1933/1953 Maak my gesond, HERE, dan sal ek gesond word; verlos my, dan sal ek verlos word; want U is my lof.
Afrikaans 1983 Maak Ú my gesond, Here, dan sal ek gesond wees! Bevry Ú my, dan sal ek vry wees! Dit is vir U wat ek wil loof.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maak my gesond, Here, en ek sal gesond wees. Verlos my, en ek sal verlos wees, want U is my lof.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, wanneer U my gesond maak, dan sal ek gesond wees, wanneer U my red, dan sal dit goed gaan met my. Ja, Ek sal U prys.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het gebid: “Here, U is die enigste een wat my gesond kan maak. U alleen kan my red sodat ek veilig kan wees. Ek wil net vir U alleen die eer gee deur mooi dinge van U te sê.