Jeremiah 17:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O HERE, die hoop van Israel, almal wat U verlaat, sal beskaamd staan, en die wat van My afwyk, sal op die aarde geskrywe word, omdat hulle die HERE, die fontein van lewende water, verlaat het.
Afrikaans (NLV) 2011 O Here, hoop van Israel, almal wat van U wegdraai, sal beskaam word. Hulle sal in die stof begrawe word, want hulle het weggedraai van die Here, die fontein van lewende water.
Afrikaans 1933/1953 o HERE, Verwagting van Israel! almal wat U verlaat, sal beskaamd staan; wie van My afwyk, sal op die aarde geskryf word; want hulle het die HERE, die fontein van lewende water, verlaat.
Afrikaans 1983 Here, Hoop van Israel, wie van U af weggaan, kom bedroë daarvan af; wie van U af wegdraai, is vir die dood opgeskryf, want hulle verlaat die Here, die bron van die lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Here, die hoop van Israel, almal wat U verlaat, sal beskaamd staan. “Ja, wie van My af wegdraai, sal in grond geskryf word, omdat hulle die fontein van lewende water, die Here, verlaat het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, U is God, Israel hoop op U. Dit sal sleg gaan met die mense wat weggaan van U. U skryf hulle name op, hulle sal sterf, want hulle het weggegaan van U wat lewe gee. U is soos 'n fontein wat altyd water het en wat mense laat lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Here, Israel se hoop vir die toekoms is van U afhanklik. As enige van Israel se mense dislojaal aan U sou wees, sal hulle verneder word. As hulle die rug vir U sou draai, is die dood hulle voorland. U, Here, is soos ’n fontein waaruit mense drink sodat hulle kan lewe. Nogtans het die mense van Israel van U af weggegaan.