Jeremiah 17:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos 'n patrys op eiers sit en dit nie uitbroei nie; so hy wat rykdom verwerf, en nie op grond van reg nie, sal dit in die middel van sy dae laat staan, en aan sy einde sal hy 'n dwaas wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mense wat op ’n oneerlike manier ryk word, is net soos ’n voël wat eiers uitbroei wat sy nie gelê het nie. Vroeër of later sal hulle al hulle rykdom verloor. Aan die einde van hulle lewens sal hulle niks anders as dwase wees nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Voël wat eiers uitbroei sonder dat hy dit gelê het, is hy wat rykdom verwerf maar nie eerlik nie; in die helfte van sy dae moet hy dit laat agterbly, en in sy einde sal hy 'n dwaas wees. |
| Afrikaans 1983 | 'n Fisant wat broei op eiers wat hy nie gelê het nie, dit is die mens wat op oneerlike wyse ryk word. Hy sal sy rykdom moet agterlaat in die fleur van sy lewe, sy uiteinde is dié van 'n dwaas. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Patrys wat eiers uitbroei wat sy nie gelê het nie, so is iemand wat rykdom verwerf, maar nie met eerlikheid nie. Teen die helfte van sy dae verlaat dit hom; en aan sy einde sal hy 'n dwaas wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Mens wat ryk word omdat hy ander mense bedrieg, is soos 'n fisant wat op ander fisante se eiers broei. So 'n mens sal alles verloor wat hy het, hy sal dit verloor voordat hy oud is, en hy sal sterf soos 'n dwaas. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mense wat op ’n oneerlike manier ryk word, is net soos ’n fisant wat eiers uitbroei wat sy nie gelê het nie. In ’n stadium sal hulle al hulle geld en skatte verloor. Aan die einde van hulle lewe sal hulle niks anders as arm gekke wees nie!” |