Jeremiah 17:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek, die HERE, deursoek die hart, Ek toets die niere, om aan elkeen te gee volgens sy weë en volgens die vrug van sy handelinge. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar Ek weet! Ek, die Here, deursoek mense se harte en geheime motiewe. En Ek gee aan almal wat hulle toekom, volgens wat hulle gedoen het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge. |
| Afrikaans 1983 | Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand, Ek laat die mens kry wat hy verdien, wat hom toekom vir wat hy doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ek, die Here, deursoek harte en toets niere, om elkeen te vergeld volgens sy optrede, volgens die vrug van sy dade.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Ek, die Here, sien wat mense dink en wat hulle wil doen, en Ek straf hulle oor wat hulle doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar Ek is die Here, Ek weet! Ek ondersoek ’n mens se hart en gedagtes. Ek weet wat elkeen se motiewe is. Ek kyk na wat elkeen gedoen het en dan betaal Ek hulle wat hulle behoort te kry. |