Jeremiah 17:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die sonde van Juda is geskrywe met 'n ysterpen en met die punt van 'n diamant; dit is gegraveer op die tafel van hulle hart en op die horings van julle altare; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: “My volk tree op asof hulle bose weë ’n wet is wat ingegraveer is met ’n ysterpen of ’n diamantpunt op die tafels van hulle hart en op die horings van hulle altare. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die sonde van Juda is geskrywe met 'n ystergriffel, met 'n diamantpunt; dit is gegrif op die tafel van hulle hart en op die horings van julle altare -- |
| Afrikaans 1983 | Die sonde van Juda is ingegraveer met 'n ysterpen, ingegrif met 'n diamantpunt op hulle harte en op die horings van hulle altare. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Die sonde van Juda is opgeteken met 'n ysterpen, met 'n diamantpunt; dit is ingegraveer op die tafels van hulle harte en op die horings van hulle altare. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Niemand kan die sonde van die mense van Juda uitvee nie. Dit is geskryf op hulle harde hart en op die horings van hulle altare soos 'n mens letters op klip uitkrap met 'n ysterpen wat 'n diamant-punt het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Die sonde wat die mense van Juda gedoen het, is in hulle hart en op hulle altare gegraveer. Dit is so permanent soos ’n mens iets met ’n beitel of diamantpunt sou uitkap. |