Jeremiah 16:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek sal in julle oë en in julle dae uit hierdie plek die stem van vreugde en die stem van blydskap, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid laat ophou.
Afrikaans (NLV) 2011 Want so sê die Here, die Almagtige, die God van Israel: Voor jy eendag doodgaan, sal jy sien wat Ek gaan doen. Ek gaan ’n einde maak aan al die vrolike gesing en gelag in hierdie land. Die vrolike stemme van bruid en bruidegom sal ook stil wees.
Afrikaans 1933/1953 Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek laat uit hierdie plek ophou voor julle oë en in julle dae die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid.
Afrikaans 1983 want, so sê die Here die Almagtige, die God van Israel, Ek gaan voor julle oë, in julle leeftyd, 'n end maak aan die klanke van vrolikheid en blydskap in hierdie plek, ook aan dié van huweliksfeeste.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want so sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel: “Kyk, Ek gaan in hierdie plek, voor julle oë en in julle lewensdae, die geluid van vrolikheid en vreugde, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, uitdoof.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Daar sal in hierdie plek nie meer partytjies wees waar mense vrolik en bly is nie, en hulle sal nie meer trou nie. Dit sal in julle tyd gebeur en julle sal dit sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) want,” so sê die Here, die God van Israel, wat sterker as alles en almal is, “voor jy eendag doodgaan, sal jy sien wat Ek gaan doen. Ek sal sorg dat al die gesing en gelag in hierdie land ophou. Die vrolike stemme van bruide en bruidegomme sal ook stil word.