Jeremiah 16:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En 'n mens sal hulleself nie in rou vir hulle verskeur om hulle te troos oor die dooies nie; en 'n mens mag hulle die troosbeker nie gee om te drink vir hul vader of hul moeder nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Niemand sal ook kos gee vir mense wat rou of iets om te drink om hulle te troos nie. Dit maak nie saak of dit hulle eie ouers is wat gesterf het nie.
Afrikaans 1933/1953 Ook sal niemand vir hulle treurbrood breek om iemand te troos oor 'n dooie, of aan hulle die troosbeker gee om te drink oor iemand se vader of oor iemand se moeder nie.
Afrikaans 1983 niemand sal 'n stukkie brood deel met 'n bedroefde om hom te troos oor iemand wat dood is nie, niemand sal vir hom iets te drinke aanbied om hom te troos nie, nie eens oor 'n vader of moeder nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mense sal nie vir hulle brood breek by 'n rouseremonie om iemand te troos oor 'n dooie nie. Mense sal hulle nie laat drink uit 'n beker as troos oor 'n vader of moeder nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer iemand oor sy pa of oor sy ma rou, dan sal niemand vir hom 'n stukkie brood gee of vir hom iets gee om te drink om hom te troos nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Niemand sal ook eens saam met ’n mens wie se vriend of familielid dood is, ’n stukkie brood eet of iets drink om die persoon te troos nie. Dit maak nie eens saak of dit so ’n persoon se ouers is wat dood is nie.