Jeremiah 16:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Groot sowel as klein sal in hierdie land sterwe; hulle sal nie begrawe word nie, en hulle sal nie oor hulle kerm en hulleself nie sny of hulle kaal oor hulle maak nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Almal in die land sal doodgaan, of hulle nou belangrike mense of arm mense is. Niemand sal hulle begrawe of oor hulle huil nie. Hulle vriende sal ook nie hulleself met skerp voorwerpe sny of hulle hare afskeer omdat hulle rou nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Groot sowel as klein sal sterwe in hierdie land; hulle sal nie begrawe word nie, en niemand sal hulle beklaag en homself stukkend kerwe of vir hom 'n kaal plek skeer om hulle ontwil nie. |
| Afrikaans 1983 | Groot en klein in dié land sal sterf; niemand sal hulle begrawe en oor hulle treur nie, niemand sal homself stukkend sny of sy kop kaalskeer om sy droefheid te wys nie; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Groot en klein sal sterf in hierdie land, sonder om begrawe te word. Mense sal nie oor hulle rou nie, en niemand sal homself stukkend kerf of sy kop kaal skeer vir hulle nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die grootmense en die kinders in hierdie land sal sterf. Niemand sal hulle begrawe en oor hulle rou nie. Niemand sal homself stukkend sny of sy hare afskeer om te wys hy is hartseer oor hulle nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal in die land sal doodgaan, of hulle nou belangrike mense of arm mense is. Niemand sal hulle begrawe of oor hulle huil nie. Hulle vriende sal nie maak soos hulle altyd maak as hulle oor iemand treur nie. Hulle sal nie hulleself met skerp voorwerpe sny of hulle hare afsny omdat hulle hartseer is nie. |