Jeremiah 16:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want so sê die HERE: Gaan nie in die huis van rou nie, gaan nie om te treur of betreur hulle nie; want Ek het my vrede van hierdie volk weggeneem, spreek die HERE, die goedertierenheid en barmhartighede. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het ook gesê: “Moenie in ’n huis ingaan waar daar getreur word oor iemand wat dood is nie. Moet ook nie saam met hulle huil of vir hulle simpatie hê nie. Want Ek het my beskerming en vrede van hierdie volk af weggeneem, sê die Here. Ek sal ook nie langer lojaal wees of vir hulle genade hê nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want so sê die HERE: Kom nie in die klaaghuis en gaan nie om te rouklaag nie, en betuig geen deelneming met hulle nie; want Ek het my vrede van hierdie volk weggeneem, spreek die HERE, die goedertierenheid en die barmhartigheid. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het gesê: Jy moenie in 'n huis ingaan waar daar getreur word oor iemand wat dood is nie, jy moenie saam treur nie en moenie meegevoel betuig nie, want Ek het my vrede weggevat van dié volk af: Ek het hulle nie meer lief nie en Ek ontferm My nie meer oor hulle nie, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, so sê die Here: “Moenie 'n huis waar 'n begrafnismaaltyd gehou word, binnegaan nie; moenie daar ingaan om te rou nie, en moenie meegevoel met hulle betuig nie. Want Ek het my vrede aan hierdie volk onttrek,” is die uitspraak van die Here, “my troue liefde en ontferming. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, die Here het gesê: “Jy moenie in 'n huis kom waar mense saam eet om te rou nie, en jy moenie saam gaan rou en vir hulle wys jy is jammer nie, want Ek sal dit nie meer laat goed gaan met hierdie volk nie. Ek is nie meer lief en jammer vir hulle nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het ook vir my gesê: “Moenie in ’n huis ingaan waar mense besig is om te treur oor iemand wat dood is nie. Moet ook nie saam met hulle huil of sê dat jy jammer is oor wat gebeur het nie. Ek sorg nie meer dat dit met my mense goed gaan nie. Om die waarheid te sê, Ek was altyd baie lojaal aan hulle omdat Ek vir hulle lief was. Ek sal nie langer lojaal wees of vir hulle jammer wees nie. |