Jeremiah 16:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want so sê die HERE aangaande die seuns en oor die dogters wat in hierdie plek gebore is, en oor hulle moeders wat hulle gebaar het, en oor hulle vaders wat hulle in hierdie land verwek het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat Ek, die Here, jou vertel wat met die kinders sal gebeur wat in hierdie land gebore word, en ook hulle ouers: |
| Afrikaans 1933/1953 | Want so sê die HERE van die seuns en die dogters wat in hierdie plek gebore word, en van hulle moeders wat hulle baar, en van hulle vaders wat hulle verwek in hierdie land: |
| Afrikaans 1983 | want so sê die Here oor die kinders wat in dié plek gebore word en oor die ouers wat in dié land kinders kry: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want so sê die Here oor die seuns en dogters wat in hierdie plek gebore word, en oor hulle ma's wat hulle in die lewe bring, en oor hulle pa's wat hulle in hierdie land verwek: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want Ek sê die kinders wat op hierdie plek gebore word, en hulle ouers in hierdie land, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat Ek jou vertel wat met die kinders wat in hierdie land gebore word en met hulle ouers gaan gebeur: |