Jeremiah 16:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, kyk, Ek sal hulle hierdie een keer laat weet, Ek sal hulle my hand en my krag laat ken; en hulle sal weet dat my Naam die HERE is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek sal hulle wys hoe groot my krag is en hoeveel mag Ek het. Dan sal hulle weet dat Ek die Here is!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, kyk, Ek laat hulle hierdie keer voel, voel my hand en my mag; en hulle sal weet dat my Naam HERE is. |
| Afrikaans 1983 | Daarom sal Ek die nasies my mag en my krag laat ken; dié keer sal Ek hulle dit laat ken, en hulle sal weet dat my Naam die Here is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Daarom, kyk, hierdie keer gaan Ek hulle dit laat besef; Ek sal maak dat hulle my mag, my geweldige krag, leer ken, en hulle sal besef dat my Naam Here is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het geantwoord en gesê: “Daarom sal Ek vir die Israeliete leer. Ek sal vir hulle nou leer wat Ek kan doen, en hulle sal besef dat my Naam die Here is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Ek sal hulle wys hoe groot my krag is en hoeveel mag Ek het. Dan sal hulle weet dat Ek die Here is. Ek is regtig God!” |