Jeremiah 16:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O HERE, my sterkte en my vesting en my toevlug in die dag van benoudheid, die heidene sal van die eindes van die aarde af na U toe kom en sê: Waarlik, ons vaders het leuens geërf, nietigheid en dinge waarin daar is geen wins nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Here, U gee my krag. U beskerm my. Ek kan veilig by U skuil as gevaar dreig. Nasies van oral oor die aarde sal na U kom en sê: “Ons voorouers was dom om nikswerd afgode te dien. |
| Afrikaans 1933/1953 | o HERE, my sterkte en my beskutting en my toevlug in die dag van benoudheid, tot U sal volke van die eindes van die aarde af kom en sê: Net leuens het ons vaders geërwe, nietige afgode, en daaronder was niks wat voordeel kon bring nie. |
| Afrikaans 1983 | Here, my Sterkte, my Beskermer, my Toevlug in tyd van nood, na U toe sal die nasies kom van die uithoeke van die aarde af en hulle sal sê: “Ons voorvaders het net vals gode gehad, nikswerd en nutteloos.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Here, my sterkte, my beskutting, my toevlugsoord in die dag van nood, na U sal nasies kom van die uithoeke van die aarde af. Hulle sal sê: “Net leuens het ons voorouers geërf – nietige afgode, en onder hulle is daar nie een wat enigiets kan bied nie. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek, Jeremia, het gebid en gesê: “Here, dit is U wat my sterk maak en my beskerm, U wat my veilig laat voel wanneer daar gevaar is. Volke uit ver lande sal na U toe kom en hulle sal sê: ‘Waarlik, ons voorvaders het gode gedien wat nie gode is nie, daardie gode beteken niks, hulle kan ons nie help nie.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, U gee my krag. U beskerm my. Ek kan ook veilig by U wegkruip as gevaar op my pad kom. Mense van ander nasies sal van oral oor die aarde na U kom en sê: “Ons voorouers was dom om nikswerd afgode te dien. Hulle kan tog niks doen nie! |