Jeremiah 16:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En eers sal Ek hulle ongeregtigheid en hulle sonde dubbel vergeld; omdat hulle my land verontreinig het, het hulle my erfdeel gevul met die lyke van hulle verfoeilike en gruwels. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal hulle weer en weer straf vir die slegte en verkeerde dinge wat hulle gedoen het. Hulle het die land besmet met lewelose beelde van afskuwelike gode. Hulle het oral in my land hulle afskuwelike dade gepleeg.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom sal Ek eers hulle ongeregtigheid en hulle sonde dubbel vergelde, omdat hulle my land ontheilig het met die lyke van hulle verfoeisels en my erfenis gevul het met hulle gruwels. |
| Afrikaans 1983 | Ek gaan hulle eers dubbel laat boet vir hulle oortredings en hulle sonde, want hulle het my land met hulle afstootlike dooie gode ontwy, hulle het my eie land volgemaak met hulle afskuwelike afgode. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek gaan hulle dubbeld laat betaal vir hulle sondeskuld en hulle sondes, omdat hulle my land ontheilig het met die geraamtes van hulle verfoeilike en afstootlike afgode; hulle het my eiendom vol gemaak daarmee.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal hulle twee maal straf oor elke verkeerde ding en sonde wat hulle doen. Hulle het my land ontwy met hulle dooie afgode, hulle het die land wat aan My behoort, volgemaak met dinge wat Ek haat.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal hulle weer en weer straf vir die slegte en verkeerde goed wat hulle gedoen het. Ek wou hê dat die land altyd skoon moes bly van ander gode. Israel het hulle nie daaraan gesteur nie. Hulle het die land besmet met beelde wat nie ’n tikkie lewe in hulle het nie. Hulle het oral in hierdie land wat Ek vir hulle gegee het, van hierdie afskuwelike beelde gebring.” |