Jeremiah 16:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want my oë is op al hulle weë; hulle is nie verborge vir my aangesig nie, en hulle ongeregtigheid is nie verborge vir my oë nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek hou hulle fyn dop. Ek weet van elke sonde wat hulle doen, hulle kan niks vir My wegsteek nie.
Afrikaans 1933/1953 Want my oë is op al hulle weë, dit is nie voor my aangesig bedek nie, en hulle ongeregtigheid is nie voor my oë verborge nie.
Afrikaans 1983 Ek sien alles wat die Israeliete doen, niks is vir My verborge nie, hulle oortredings kan nie vir My weggesteek word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want my oë is gerig op al hulle paaie; dit is nie vir My verberg nie. Hulle ongeregtigheid is nie vir my oë verborge nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek doen dit omdat Ek alles sien wat hulle doen. Hulle kan niks wegsteek vir My nie, Ek sien die verkeerde dinge wat hulle doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek hou Juda se mense baie fyn dop. Ek weet van elke verkeerde ding wat hulle doen. Hulle kan niks vir My wegsteek nie.