Jeremiah 16:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar so waar as die HERE leef, wat die kinders van Israel laat optrek het uit die land van die noorde en uit al die lande waarheen Hy hulle verdryf het; en Ek sal hulle terugbring in hulle land wat Ek aan hulle vaders gegee het.
Afrikaans (NLV) 2011 In plaas daarvan sal hulle sê: ‘So waar as die Here lewe wat die mense van Israel teruggebring het uit die noorde en al die lande waarheen Hy hulle as ballinge gestuur het.’ Want Ek sal hulle terugbring na hierdie land wat Ek aan hulle voorouers gegee het.”
Afrikaans 1933/1953 maar: So waar as die HERE leef, wat die kinders van Israel laat optrek het uit die Noordland en uit al die lande waarheen Hy hulle verdryf het. Ja, Ek sal hulle terugbring in hulle land wat Ek aan hulle vaders gegee het.
Afrikaans 1983 maar: “So seker as die Here leef wat vir Israel uit die noordland laat trek het en uit al die lande waarheen Hy hulle verstrooi het.” Ek sal hulle terugbring na die land toe wat Ek aan hulle voorvaders gegee het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar ‘So waar as die Here leef wat die Israeliete uit 'n land in die noorde laat optrek het, en uit al die lande waarheen Hy hulle verdryf het!’ Ja, Ek sal hulle terugbring na hulle grond wat Ek aan hulle voorouers gegee het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nee, hulle sal dan sê: ‘So seker soos die Here lewe wat die Israeliete gebring het uit die land in die noorde en uit al die lande waarnatoe Hy hulle weggejaag het.’ Ek sal hulle terugbring na die land wat Ek vir hulle voorvaders gegee het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In plaas daarvan sal hulle sê: ‘So waar as die Here lewe wat die mense van Israel teruggebring het uit die noorde en al die lande waarheen hulle as gevangenes weggevat was, na hulle eie land toe.’ Hulle kan daarvan seker wees dat Ek hulle sal terugbring na hierdie land wat Ek aan hulle voorouers gegee het.”