Jeremiah 16:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat daar nie meer gesê sal word: So waar as die HERE leef wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daar kom ’n tyd,” sê die Here, “dat mense nie meer sal sweer en sê nie: ‘So seker as die Here leef wat vir Israel uit Egipte gered het.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat daar nie meer gesê sal word: So waar as die HERE leef, wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie; |
| Afrikaans 1983 | Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat daar nie meer gesê sal word: “So seker as die Here leef wat vir Israel uit Egipte laat trek het” nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “En tog: Kyk, daar kom dae,” is die uitspraak van die Here, “dat daar nie meer gesê sal word, ‘So waar as die Here leef wat die Israeliete uit Egipteland laat optrek het nie!’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Dit sal gebeur, en daarom sal daar 'n tyd kom wanneer die mense nie meer sal sê: ‘So seker soos die Here lewe wat die Israeliete uit Egipte gebring het’ nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Die tyd is naby dat mense wat vroeër plegtig belowe het: ‘So waar as die Here lewe wat die mense van Israel uit Egipte gered het,’ dit nie langer sal doen nie. |