Jeremiah 16:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal Ek julle uit hierdie land verwerp na 'n land wat julle nie ken nie, nie julle en julle vaders nie; en daar moet julle ander gode dag en nag dien; waar Ek jou geen guns sal bewys nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom sal Ek julle uit hierdie land dryf na ’n vreemde land wat julle nie ken en waar julle voorouers nog nooit was nie. Daar kan julle net soveel afgode dien as wat julle wil. Julle moet geen guns van My verwag nie!’”
Afrikaans 1933/1953 Daarom sal Ek julle wegslinger uit hierdie land na 'n land wat julle nie geken het, julle en julle vaders nie; en daar sal julle ander gode dien dag en nag, omdat Ek julle geen genade sal bewys nie.
Afrikaans 1983 Daarom sal Ek julle uit hierdie land uitdryf na 'n land toe waarvan julle nie weet nie en waarvan julle voorvaders ook nie geweet het nie. Daar sal julle dag en nag ander gode dien. Ek het geen medelye meer met julle nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal julle dan wegwerp uit hierdie land na 'n land wat julle en julle voorouers nie geken het nie. Daar sal julle ander gode dien, dag en nag, want Ek sal nie deernis met julle hê nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal julle ver weggooi uit hierdie land tot in 'n land wat julle en julle voorvaders nie geken het nie, en daar sal julle elke dag en elke nag vir ander gode werk, en Ek sal nie jammer wees vir julle nie.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom sal Ek sorg dat julle uit julle land gegooi word. Ek sal verder ook sorg dat julle na ’n vreemde land gevat word waar julle voorouers nog nooit was nie. As julle daar is, kan julle ander gode dien net soveel as wat julle wil. Julle moet geen gunsies van My verwag nie.”