Jeremiah 16:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle het erger gedoen as julle vaders; want kyk, julle wandel elkeen volgens die versinsels van sy bose hart, dat hulle na My nie luister nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar julle gedra julle nog erger as julle voorouers! Julle is hardkoppig en hou net aan om verkeerde dinge te doen. Julle luister nie na My nie.
Afrikaans 1933/1953 en julle nog erger gehandel het as julle vaders; want kyk, julle wandel elkeen na die verhardheid van sy bose hart, om na My nie te luister nie.
Afrikaans 1983 en julle het erger aangegaan as hulle, julle het elkeen sy eie harde kop gevolg en nie na My geluister nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En julle het julle nog slegter gedra as julle voorouers. Kyk, julle volg elkeen die verstoktheid van sy bose hart deur nie na My te luister nie!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En júlle, julle het slegter dinge gedoen as julle voorvaders. Julle is hardkoppig, julle lewe soos julle self besluit, julle is nie gehoorsaam aan My nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar julle gedra julle nog erger as julle voorouers! Julle is hardkoppig en hou net aan om verkeerde dinge te doen. Julle luister nie na My nie.