Jeremiah 16:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet jy vir hulle sê: Omdat julle vaders My verlaat het, spreek die HERE, en agter ander gode aan gewandel en hulle gedien en hulle voor hulle neergebuig het en My verlaat het en my wet nie onderhou het nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan moet jy vir hulle sê: ‘Die Here sê dit is omdat julle voorouers nie lojaal aan My was nie. Hulle het ander gode vereer en hulle gedien. Hulle het van My vergeet. Hulle het nie my voorskrifte onderhou nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan moet jy vir hulle sê: Omdat julle vaders My verlaat het, spreek die HERE, en agter ander gode aan geloop en hulle gedien en hul daarvoor neergebuig het, maar My verlaat het en my wet nie gehou het nie, |
| Afrikaans 1983 | Dan moet jy vir hulle sê: Julle voorvaders het My al verlaat, sê die Here. Hulle het agter ander gode aangeloop en dié gedien en geëer. Julle voorvaders het My verlaat en my wet nie onderhou nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dan moet jy vir hulle sê, ‘Omdat julle voorouers My verlaat het,’ is die uitspraak van die Here, ‘en agter ander gode aangeloop het, hulle gedien en voor hulle in aanbidding gebuig het. Hulle het My verlaat; my wet het hulle nie nagekom nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dan moet jy vir hulle sê: Die Here sê: ‘Dit is omdat julle voorvaders ander gode gaan dien het en hulle aanbid het, en weggegaan het van My, en nie gedoen het wat Ek gesê het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan moet jy vir hulle sê: Die Here sê dit is omdat julle voorouers nie lojaal aan My was nie. Hulle het ander gode vereer en hulle gedien. Hulle het skoon van My vergeet. Hulle was ongehoorsaam. Hulle het hulle nie gesteur aan die dinge wat Ek gesê het hulle moet doen of nie mag doen nie. |