Jeremiah 16:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as jy hierdie volk al hierdie woorde te kenne gee, en hulle vir jou sal sê: Waarom het die HERE al hierdie groot onheil teen ons uitgespreek? of wat is ons ongeregtigheid? of wat is ons sonde wat ons teen die HERE onse God gedoen het? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As jy al hierdie dinge vir die mense vertel, sal hulle vir jou vra: ‘Hoekom het die Here al hierdie rampe oor ons aangekondig? Wat het ons gedoen om dit te verdien? Hoe het ons teen Hom gesondig?’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En as jy al hierdie woorde aan hierdie volk bekend maak en hulle jou vra: Waarom het die HERE al hierdie groot onheile oor ons gespreek? En wat is ons ongeregtigheid en ons sonde wat ons teen die HERE onse God begaan het? -- |
| Afrikaans 1983 | Wanneer jy dit alles vir hierdie volk sê, sal hulle vir jou vra: “Waarom sê die Here sal Hy al hierdie groot rampe oor ons bring? Hoe het ons teen die Here ons God oortree, wat het ons teen Hom gesondig?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Wanneer jy al hierdie woorde aan hierdie volk bekend maak, sal hulle jou vra, ‘Waarom het die Here al hierdie groot rampe oor ons aangekondig? Wat is ons sondeskuld en wat is ons sonde waarmee ons teen die Here ons God gesondig het?’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En wanneer jy dit alles vir hierdie mense gesê het, en hulle vra vir jou: ‘Hoekom het die Here gesê Hy sal dit so sleg laat gaan met ons? Wat het ons verkeerd gedoen? Watter sonde het ons gedoen teen ons God die Here?’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As jy al hierdie dinge vir die mense vertel, sal hulle vir jou vra: ‘Hoekom het die Here besluit dat sulke slegte dinge met ons moet gebeur? Wat het ons nou eintlik gedoen dat daar op so ’n slegte manier met ons gewerk word? Wat het ons sodanig gedoen waarvan die Here wat ons God is, nie hou nie?’ |