Jeremiah 15:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle weduwees het vir my vermeerder bo die sand van die see: Ek het op die middag 'n verwoester oor hulle gebring teen die moeder van die jongmanne; Ek het hom skielik daarop laat val en verskrikkinge oor die stad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar sal meer weduwees wees as sand in die see. Laatmiddag bring Ek ’n vyand wat die ma’s van jong mans sal oorval. Ek sal angs en vrees skielik oor hulle laat toesak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle weduwees het vir My meer geword as die sand van die see; Ek bring vir hulle oor die moeder van die jong manskappe 'n verwoester op die middag; Ek laat skielik op haar val angs en verskrikkinge. |
| Afrikaans 1983 | Ek het sy weduwees meer laat word as die sand van die see, Ek het op jongmanne se moeders helder oordag 'n aanrander laat toesak, Ek het skrik en angs hulle skielik laat oorval. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My volk se weduwees is meer as die sand van die oseane. Ek bring oor my volk, oor die moeder van jong manne, 'n verwoester op die middaguur. Ek laat ontsteltenis, 'n verskriklike lot, haar onverwags oorval. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het hulle weduwees meer gemaak as die sand van die see, Ek het in die middel van die dag mense laat kom wat die ma’s van jongmanne aangeval het. Hulle het skielik geskrik en bang geword. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar sal nou meer weduwees wees as wat daar sand by die see is. So teen die middag se kant sal ’n aanvaller kom en die ma’s van die jongmans oorval. Ek sal maak dat angs en vrees hulle skielik beetpak. |