Jeremiah 15:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal hulle met 'n waaier waai in die poorte van die land; Ek sal hulle kinders beroof, my volk vernietig, omdat hulle van hul weë nie bekeer het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal julle uitwan soos kaf by die dorsvloer. Ek sal alles wat julle na aan die hart lê, wegvat. Ek sal my volk vernietig omdat hulle weier om hulle van hulle bose lewe te bekeer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek wan hulle uit met 'n gaffel by die ingange van die land. Ek maak my volk kinderloos, maak hulle tot niet; hulle kom van hulle weë nie terug nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek het my volk met 'n gaffel uitgewan in die stede in die land, Ek het my volk se kinders weggevat, hom vernietig, want hy het hom nie bekeer van sy bose lewe nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het hulle met 'n hooivurk uitgewan in die poorte van die land. Ek het my volk kinderloos gemaak, hulle tot niet gemaak. Maar van hulle paaie draai hulle nie terug nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het my volk soos kaf laat wegwaai van die dorsvloere by die poorte van die stede. Ek het my volk se kinders weggevat en hulle laat sterf. Maar my volk het nie hulle lewe verander nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Uit elke stad in die land sal Ek julle verstrooi soos ’n mens met kaf op die dorsvloer maak. Ek sal julle baie hartseer maak deur wat vir julle na aan julle hart lê, weg te vat. Ek sal my volk laat ondergaan omdat hulle botweg weier om op te hou met die verkeerde dinge wat hulle doen. |