Jeremiah 15:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy het My verlaat, spreek die HERE, jy het agteruitgegaan; daarom sal Ek my hand teen jou uitstrek en jou vernietig; Ek is moeg om te bekeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle het My in die steek gelaat,” sê die Here. “Julle steur julle nie aan My nie. Daarom sal Ek sorg dat daar niks van julle oorbly nie. Ek is moeg daarvan om julle altyd nog ’n kans te gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy het My verwerp, spreek die HERE, jy hetl agteruitgegaan; daarom strek Ek my hand teen jou uit en verwoes jou; Ek is moeg om berou te hê. |
| Afrikaans 1983 | Jy het My verwerp, sê die Here, jy het al erger geword. Daarom het Ek my hand teen jou uitgesteek en jou verwoes. Ek is moeg daarvan om jou straf te bly herroep. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy is die een wat My versaak het,” is die uitspraak van die Here. “Jy het My die rug toegekeer. Toe het Ek my hand teen jou uitgesteek en jou vernietig. Ek was moeg daarvoor om jammer te kry. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het My gelos en weggegaan. Daarom het Ek my hand uitgesteek en julle plat geslaan, Ek wil nie meer jammer wees vir julle nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle het My in die steek gelaat. Julle steur julle al hoe minder aan My,” sê die Here. “Daarom sal Ek sorg dat daar niks van julle oorbly nie. Ek is moeg daarvan om julle altyd nog ’n kans te gee. |