Jeremiah 15:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want wie sal hom oor jou ontferm, o Jerusalem? of wie sal jou betreur? of wie sal uitgaan om te vra hoe dit met jou gaan?
Afrikaans (NLV) 2011 “Wie sal julle jammer kry, Jerusalem? Wie sal oor julle huil? Wie sal nog moeite doen om te vra hoe dit met julle gaan?
Afrikaans 1933/1953 Want wie sal jou bejammer, o Jerusalem? Of wie sal met jou medelyde hê? Of wie sal uitdraai om na jou welstand te vra?
Afrikaans 1983 Wie sal vir jou jammer wees, Jerusalem, wie sal medelye met jou hê? Wie sal afdraai en kom vra hoe gaan dit met jou?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Ja, wie sal hom oor jou ontferm, Jerusalem? Wie sal met jou meegevoel hê? Wie sal afdraai om te vra hoe dit met jou gaan?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “ ‘Mense van Jerusalem, niemand sal jammer wees vir julle nie, niemand sal bekommerd wees oor julle nie, niemand sal afgaan van sy pad en kom vra hoe dit met julle gaan nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here vra: “Wie sal julle jammer kry, inwoners van Jerusalem? Wie sal oor julle huil? Wie sal nog enigsins die moeite doen om te vra hoe dit met julle gaan?