Jeremiah 15:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal hulle in al die koninkryke van die aarde laat verwyder ter wille van Manasse, die seun van Hiskía, die koning van Juda, oor wat hy in Jerusalem gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek sal van my volk ’n voorwerp van afsku maak vir al die koninkryke van die aarde. Ek doen dit oor wat koning Manasse, die seun van Hiskia, koning van Juda, in Jerusalem gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal hulle 'n skrikbeeld maak vir al die koninkryke van die aarde vanweë Manasse, die seun van Hisk¡a, die koning van Juda, oor wat hy in Jerusalem gedoen het.
Afrikaans 1983 Ek maak dié volk iets waarvoor al die koninkryke van die aarde sal skrik. Ek doen dit oor wat koning Manasse van Juda, seun van Hiskia, in Jerusalem gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal van hulle 'n skrikwekkende voorbeeld maak vir al die koninkryke van die aarde vanweë Manasse, die seun van Hiskia, die koning van Juda – oor dit wat hy in Jerusalem gedoen het. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die volke van die aarde sal skrik wanneer hulle sien wat met julle gebeur. Ek sal dit doen oor wat Manasse, seun van koning Hiskia van Juda, gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Manasse, die seun van Hiskia, koning van Juda, het dinge in Jerusalem gedoen waarvan Ek niks gehou het nie. Omdat hy hierdie dinge gedoen het, sal Juda ly. Ek sal van my volk ’n voorbeeld maak. Wat met hulle gebeur, sal al die volke op die aarde skok.”