Jeremiah 15:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal vier soorte oor hulle aanstel, spreek die HERE: die swaard om te slag en die honde om te verskeur, en die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde om te verslind en uit te roei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek sal vier soorte vernietigers teen hulle stuur,” sê die Here: “Die swaard om dood te maak, honde om hulle weg te sleep en aasvoëls om op te vreet en wilde diere om te vernietig. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal oor hulle vier soorte besoekinge doen, spreek die HERE: die swaard om dood te maak en die honde om weg te sleep en die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde om op te eet en te vernietig. |
| Afrikaans 1983 | Ek gee oor hulle opdrag aan vier soorte goed, sê die Here: die swaard om dood te maak, honde om die lyke weg te sleep, voëls en roofdiere om hulle op te vreet en te vernietig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ek sal vier soorte vernietigers teen hulle opkommandeer,” is die uitspraak van die Here, “die swaard om dood te maak, honde om weg te sleep, die voëls van die hemel en die diere van die aarde om te verslind en te verdelg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “ ‘Ek sal julle straf op vier maniere: Die vyande sal party van julle doodmaak met swaarde, die honde sal julle dooie liggame wegsleep, die voëls sal julle vleis eet, die wilde diere sal julle opvreet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Ek sal hulle op vier maniere straf. Hulle sal met ’n wapen doodgemaak word en honde sal hulle wegsleep. Dan sal die aasvoëls en die wilde diere dit wat van hulle oorgebly het, opvreet. |