Jeremiah 15:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal jou vir hierdie volk 'n omheinde kopermuur maak; en hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorweldig nie; want Ek is met jou om jou te verlos en jou te red, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek maak jou ’n muur van brons vir hierdie volk. Hulle sal teen jou veg, maar sal jou nie oorwin nie. Ek sal jou beskerm en jou red,” sê die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal jou 'n onneembare kopermuur vir hierdie volk maak; en hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorweldig nie; want Ek is met jou om jou te verlos en om jou te red, spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Ek maak jou vir hierdie volk 'n bronsmuur waardeur hulle nie kan dring nie; hulle sal teen jou veg, maar hulle sal jou nie oorweldig nie, want Ek is by jou, sê die Here, Ek sal jou help en jou red. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal jou vir hierdie volk 'n versterkte stadsmuur van koper maak. Hulle sal teen jou veg, maar nie die oorhand oor jou kry nie; want Ek is met jou om jou te verlos en jou te red,” is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek maak jou soos 'n sterk muur, 'n muur van brons. Hulle sal met jou baklei, maar hulle sal jou nie wen nie, want Ek is by jou en Ek sal jou red en jou vrymaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie mense sal teen jou baklei asof hulle besig is met ’n oorlog. Moenie bekommerd wees nie, Ek sal jou so sterk soos ’n kopermuur maak. Hulle sal jou nie wen nie. Ek sal jou beskerm en jou red,” sê die Here. |