Jeremiah 15:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit sal gebeur as hulle vir jou sê: Waarheen sal ons uitgaan? dan moet jy vir hulle sê: So spreek die HERE; Die wat vir die dood is, tot die dood; en die wat vir die swaard is, vir die swaard; en die wat vir die hongersnood is, tot die hongersnood; en die wat vir die ballingskap is, tot die ballingskap.
Afrikaans (NLV) 2011 En as hulle vir jou vra: ‘Waarheen moet ons gaan?’ sê vir hulle die Here sê: “‘Wie bestem is vir die dood, na die dood. Wie bestem is vir die oorlog, na die oorlog. Wie bestem is vir hongersnood, na die hongersnood. En wie bestem is vir gevangenskap, na die gevangenskap.’
Afrikaans 1933/1953 En as hulle jou vra: Waar moet ons heengaan? sê dan vir hulle: So spreek die HERE: Wie vir die pes bestem is, na die pes; en wie vir die swaard, na die swaard; en wie vir die hongersnood, na die hongersnood; en wie vir die gevangenskap, na die gevangenskap.
Afrikaans 1983 En as hulle vir jou vra: “Waar moet ons dan heen?” moet jy vir hulle sê: So sê die Here: Wie vir pes bestem is, pes toe, wie vir die swaard bestem is, swaard toe, wie vir hongersnood bestem is, hongersnood toe, wie vir ballingskap bestem is, ballingskap toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En as hulle vir jou vra, ‘Waarheen moet ons gaan?’ moet jy vir hulle sê, ‘So sê die Here: “Wie vir die dood bestem is, na die dood, wie vir die swaard bestem is, na die swaard, wie vir hongersnood bestem is, na die hongersnood, en wie vir die ballingskap bestem is, na die ballingskap!” ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En wanneer hulle vir jou vra: ‘Waarnatoe moet ons gaan?’ dan moet jy vir hulle sê: “ ‘Party van julle sal sterf van pes, die vyande sal party van julle doodmaak, party van julle sal sterf omdat daar nie kos is om te eet nie, en die vyande sal party van julle vang en wegvat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As hulle vir jou vra: ‘Waarheen moet ons gaan?’ sê vir hulle die Here sê: Dié van julle wat moet doodgaan, sal doodgaan. Dié van julle wat in ’n oorlog moet gaan veg, sal gaan veg op die slagveld. Dié wat honger moet ly, sal honger ly. Ander van julle wat deur julle vyand uit julle land weggevat moet word, sal weggevat word.”