Jeremiah 15:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE: As jy jou bekeer, dan sal Ek jou terugbring, en jy sal voor My aangesig staan; maar bekeer jy nie tot hulle nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here antwoord toe: “As jy terugkom na My toe, sal Ek jou herstel sodat jy My weer kan dien. As jy ophou om onverantwoordelike dinge te sê, sal jy namens My kan praat. Jy moet hulle beïnvloed, nie hulle vir jou nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, so sê die HERE: As jy terugkeer, sal Ek jou laat terugkeer, sal jy voor my aangesig staan; en as jy voortbring wat edel is, en niks onedels nie, sal jy soos my mond wees. Laat hulle na jou terugkeer, maar jy moet nie na hulle terugkeer nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het toe gesê: As jy jou woorde terugneem, sal Ek jou weer in my diens neem. As wat jy sê, waarde sal hê en nie onsin sal wees nie, sal jy weer namens My kan praat. Die mense moet jóú volg, nie jy vir hulle nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, so sê die Here: “As jy jou bekeer, en Ek jou toelaat om jou te bekeer, sal jy in my diens staan. As jy woorde wat waardevol is, uitspreek, en nie wat waardeloos is nie, sal jy weer my segsman wees. Hulle moet na jou terugkeer – jy moet nie na hulle terugkeer nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het toe vir my gesê: “As jy ophou om so te praat, dan kan jy terugkom na My toe en jy kan my dienaar wees. As jy sê wat jy moet sê en nie terugpraat teen My nie, dan mag jy my profeet wees. Daardie mense wat sit en lag, moet word soos jy, jy moenie soos hulle word nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê toe: “As jy doen wat Ek wil hê jy moet doen, sal Ek jou weer gebruik soos vroeër. As jy ophou om onverantwoordelike dinge te sê, kan jy weer namens My praat. Jy moet sorg dat ander mense jou voorbeeld volg, nie jy hulle voorbeeld nie. |