Jeremiah 15:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarom is my pyn ewigdurend en my wond ongeneeslik, wat weier om genees te word? sal jy vir my heeltemal wees soos 'n leuenaar en soos waters wat ophou? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Waarom hou my lyding dan net aan en aan? Waarom genees my wonde nie? U hulp is vir my so bedrieglik soos ’n wisselvallige waterstroom, soos ’n fontein wat opdroog.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Waarom is my smart ewigdurend en my wond ongeneeslik? Dit weier om gesond te word. Sou U vir my waarlik wees soos 'n bedrieglike stroom, waters wat nie standhoudend is nie? |
| Afrikaans 1983 | Waarom is daar nie 'n einde aan my pyn nie, waarom is my wond ongeneeslik en wil dit nie gesond word nie? Ek kan nie op U reken nie, net so min as op 'n stroom wat nie standhoudend is nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waarom is my pyn onophoudelik? Waarom is my wond ongeneeslik, wil dit nie gesond word nie? U het inderdaad vir my geword soos 'n bedrieglike stroom water wat nie standhoudend is nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hoekom moet ek aanhou swaarkry en seerkry? Hoekom verander dit nie? Dit help my nie dat ek aan U behoort nie, U is soos 'n rivier waar ek water wil drink, maar as ek daar kom, dan is dit droog.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Waarom hou my swaarkry nie op nie? Waarom word my wonde nie gesond nie? Soms voel dit vir my of ek nie seker kan wees dat U my sal help nie. Dit is soos ’n stroompie waarvan jy nie altyd seker is dat daar water in sal wees nie.” |