Jeremiah 15:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het nie gesit in die vergadering van die spotters nie, en ek was nie bly nie; Ek het alleen gesit ter wille van u hand, want U het my met grimmigheid vervul.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het nooit na die volk se vrolike partytjies gegaan nie. Ek het alleen gesit omdat u hand op my was. Ek was verontwaardig oor hulle sonde.
Afrikaans 1933/1953 Ek het nie gesit in 'n vergadering van spotters of was nie uitgelate nie; vanweë u hand het ek alleen gesit, want U het my met grimmigheid vervul.
Afrikaans 1983 Ek kon nie sit waar daar gesels en gelag word en dit saam geniet nie; U het my in besit geneem en ek moes alleen sit, vol van die verontwaardiging wat van U af kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het nie in die kring van uitbundiges gesit nie, en ek was nie uitgelate nie. Vanweë u hand het ek alleen gesit, want U het my met u verontwaardiging gevul.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar ek kon nie saam met ander mense sit en gesels en lag en dit geniet nie, ek het alleen gesit omdat ek aan U behoort. U was kwaad en U het my ook kwaad laat word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek was nie deel van die groep mense wat gespot het nie. Ek het my eenkant gehou, want my lewe het nou aan U behoort. Al die verkeerde dinge wat hulle gedoen het, het my baie kwaad gemaak.